Pushing the envelope with trendsetting ideas

Pushing the envelope with trendsetting ideas
Elsje Designs creates fun & functional gifts, stationery and table decor with a true South African touch

THE BUZZ

Stay in the know

with our latest designs, special offers and inspirational ideas.

If you want to receive regular eye candy, subscribe to our blog!

Tuesday, October 21, 2008

PASELLA - Trou so...


Besoek PASELLA se webblad vir die uittreksel:

Trou so...

Die eerste van drie spogfunksies, is in ʼn solderwoonstel in die Kaapse middestad. Aleit dek elke keer een tafel om die styl te demonstreer – in hierdie geval ʼn minimalistiese, gesofistikeerde onthaal. Die kleure is swart en wit met skoon lyne. Die tafel is gedek met baie glas en die borde is vierkantig om ʼn meer moderne gevoel te gee.

Die man in beheer van die blomme, is Alwyn Burger van OKASIE Events. Hy meen ʼn tafel soos dié een vra vir blomme wat byna ongesiens aanvul en nie oorneem nie. Hy gebruik ligblou lampskerms en pak dit vol met varkore. ʼn Orgidee in die middel gee kleur en aksent.

Sarah Malgas van Elsje Designs wat allerlei pragtige papier- en ander detail vir troues en funksies maak. Sy het ʼn perspex kandelaar persoonlikheid gegee deur die name van gaste uit perspex te sny en daaraan op te hang met ʼn boksie onderaan as geskenk. In die boksie is ʼn perspexring vir die dames en ʼn tradisionele silwer amandel vir mans.

Kanya-Cilla Hunt van The Hunt House Kitchen het ʼn tweelaagkoek gemaak van dekadente donkersjokolade onder en wortel en amandels bo. Die twee lae word met bande sjokolade wat geel gekleur is versier en met spinsuiker afgerond.


Voorbeeld nommer twee se tema is ‘local is lekker’.
Die idee met hierdie een is dat jy ʼn onkonvensionele, baie informele en aardse troue hou. Ons het by Lucky Store restaurant in Stellenbosch ingeval omdat jy hier voel asof jy in ouma se kombuis kuier. Aleit het ʼn vrolike, amper lawwe tafel gedek wat ons land se gesellige atmosfeer en reënboog-gevoel naboots. Verskillende kleure en teksture is gebruik vir dié een.

Sarah was weer met papier doenig en hierdie keer maak sy horingkies om wegneem lekkergoed in te sit.

Vir die blomme het Alwyn ʼn houtplank met etniese materiaal oorgetrek en rooi lint daarop vasgekram. In die lint word kleurvolle blomme gedruk en dit word teen ʼn muur opgesit om plek op die tafel te bespaar.


Die koek is gemaak deur Alex Biess van Charly’s Bakery in Kaapstad. Prettig is beslis ʼn goeie woord om die Deense nageregstyl sjokoladekoek te beskryf met sy helder Afrika-rooi, oranje en pienk versiering. Woorde wat met liefde geassosieer word is op die middelste laag geskryf en hartjies en madeliefies van fondant rond dit af. Deesdae weer in die mode is bruid-en-bruidegompoppies, maar hulle is beslis meer funky as voorheen.



Die derde styl het ʼn outydse, klassieke gevoel en word gehou by Hawksmoor Huis. Dis ʼn lieflike Kaaps-Hollandse gastehuis op die plaas Matjieskuil naby Stellenbosch. Maar, die plan is eintlik dat jy dit net sowel in jou eie huis of jou ma s’n kan hou. By hierdie een word al die stoppe uitgeruk vir ʼn oordadige stylvolheid.

Die tafel kreun onder kristalglase, antieke eetgerei, borde en kraffies. Met hierdie soort tafel hoef alles nie noodwendig pasmaats te wees nie. Outydse vonkelwynglase bring bietjie nostalgie en lang kerse in kandelare gee hoogte en trek die oog na die pragtige glaskandelare bokant die tafel.

Wade van der Merwe van Cakes by Wade was die man wat ʼn klassieke dog romantiese koek moes konsepsualiseer en maak. Die koek is wit met swart patrone op. Hy draai ʼn lint om om dit ʼn regte antieke gevoel te gee en rond dit af met eetbare blinkers.

Alwyn se blomme is onkonvensioneel met ʼn sagte gevoel. Hy het ʼn verskeidenheid antieke & nuwe silwer houers gebruik waarin dit half terloops gerangskik word. Papierdetail behels antieke waaiers en pragtige boksies met ʼn geskenkie in. Trou of tuisonthaal – beslis blink planne en goeie rede om ʼn klomp kuiers te reël.

PASELLA Sê DANKIE AAN:
The Aleit Group
T/F: 021 887 4448E-pos: info@aleit.co.zaWebwerf: http://www.aleit.co.za/
OKASIE
T/F: 021 887 9904E-pos: info@okasie.co.za
Elsje Designs
T/F: 021 976 7111E-pos: info@elsje.co.za
Webwerf: http://www.elsje.co.za/
The Hunt House Kitchen
Tel: 021 553 0440E-pos: kanyahunt@telkomsa.net
Charly’s Bakery
Tel: 021 461 5181E-pos: charlysbakery@gmail.com
Webwerf: http://www.charlysbakery.co.za/
Cakes by Wade
Tel: 021 531 5179E-pos: wade@wadescakes.co.za
Webwerf: http://www.wadescakes.co.za/
Amazing Spaces
Tel: 021 447 1902E-pos: info@amazingspaces.co.za
Webwerf: http://www.amazingspaces.co.za/
The Lucky Store
T: 021 887 2746E-pos: luckystore@telkomsa.net
Webwerf: http://www.luckystore.co.za/
Hawksmoor House
T: 021 884 4815E-pos: reservations@hawksmoor.co.za
Sel: 082 458 9916E-pos: lana@hireworx.co.za

1 comment:

zashar said...

Many bride-to-be prefer to the classic wedding dresses because they also want a classic and unforgettable wedding you can many other beautiful wedding dresses can be chosen.