Elisabeth Kubler-Ross het geskryf: I've told my children
that when I die, to release balloons in the sky to celebrate that I graduated.
For me, death is a graduation.
Dit was 'n
voorreg om die laaste 72 uur by hom te kon wees en sy hand vas te hou tot op
die einde. Ek WOU daar wees, elke oomblik, my hande deur sy kuif stoot en hom
herinner dat hy nie alleen is nie. Om te sterf is sekerlik een van die mees
eensaamste paaie waarop ons almal moet loop.
Ek wil my pa se lewe vier. Hierdie sterk en wyse man wat
altyd die anker was in my lewe - altyd die regte raad in 'n krisis, gelykmatig
en beredeneerd. Nooit bang vir niks. 'n Innerlike en fisieke krag wat min mense
hom kan nadoen.
Sy dood het my geleer wat liefde is: om hom te versorg al
was hy meesal 'n baie moeilike en befoeterde pasient. Al waaroor ek beheer
gehad het was my eie houding en met verloop van tyd die besef dat al wat nou
belangrik is, is liefde en om net te "wees", being there next to him.
Die dood was nooit vir my vreesaanjaend nie, maar dié van 'n diepe liefdesband
tussen pa en dogter.
Dankie vir die stroom van boodskappe, sms'se, oproepe. My pa
is nou tussen die Karoo-bosse, windpompe, kleinvee en die oop rante van die
Nuweveldberge, hy is vry!
Sy sterfte is hartseer maar my fokus is om sy lewe te vier.
Sy gedenkdiens is volgende Saterdagoggend 9h30, 23 Februarie
vanuit die NG Moederkerk in Beaufort-Wes.
1 comment:
I'm very sorry for your loss. We never get over missing a parent who has gone on ahead, but with time, the sweet memories can overtake the sad ones. Blessings to you and your family...
Post a Comment